Christen genoeg
Om God roekeloos te vertrou
Welkom Nuusbrief Jesus Is Nie Hier Nie Foto Album Inligting Toelatingsvereistes Kontak Ons
D A N K I E !
Welkom Nuusbrief Jesus Is Nie Hier Nie Foto Album Inligting Toelatingsvereistes Kontak Ons

VREDE  /  TEVREDE


Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie”. Joh 14:27


Ek weet nie regtig hoekom ek gestop het nie.  Miskien was dit haar oë, miskien was dit haar glimlag.  Op 'n winderige dag sien ek die vrou en by die robot staan.  Ek kyk eers nie n haar nie.  Daar is immers by elke robot iemand met 'n bordjie.  Die robot slaan groen end ons oë ontmoet.  Die mooiste witste glimlag begroet my.  Ek glimlag effens en ry.  


By die volgende robot spreek my gewete my aan en ek draai om .  Ek stop 'n entjie van die robot af en stap na haar gewapen met 'n R10 in my hand.  Ek is maar versigtig want die omgewing is bietjie ongewens, so ek los maar my handsak in die motor.  Ek druk die geld in haar hand. Weer begroet die mooiste glimlag my. “Hoe kan jy so vrolik en gelukkig wees”, vra ek haar.  “Mevrou, ek is tevrede met God se plan vir my lewe want hy kyk baie mooi na my”.   


Kop onderstebo stap ek terug. Ek is skaam.  Die afgelope tyd was God se plan met my lewe onverstaanbaar, en ek was nie ALTYD seker of hy mooi na my kyk nie.  In 3 weke het ek twee ouers verloor.  Wat was God se plan met my lewe?  


As ons terug kyk oor die afgelope jaar, is daar sekerlik heelwat kere wat ons nie tevrede was met God se plan nie.  Yade het ook die afgelope jaar finaliseel baie druk ervaar en menige dae was dit moeilik om te glo dat dit vir die beste is.  


NUUS VANUIT DIE HUISE:

Ons kontrak by die huis in Johannes Rabie  het verval en ons het getrek na ‘n nuwe huis in Brinkstraat.  Die begin van Desember was dit dus die groot trek om die inwoners te verhuis,  sonder te veel ontwrigting.  



BEHOEFTES EN DONASIES:

Aan die einde van die jaar is dit dan ook seker reg om voorraad opname te neem en planne te beraam vir 2014.  Soos ek hier sit, kom die liedjie, “tel jou seeninge een vir een”, onwillekeurig in my gedagtes op.  


Aan elke donateur, vriend, en organisasie wat hierdie jaar gehelp het om die wiele aan die rol te hou, se ons opreg dankie.  Yăde  is tevrede dat ons, met u hulp,  wel in ons doel geslaag het en ‘n verskil in bykans 200 mense se lewens gemaak het. Ons is geseen met die skenking van ‘n bees wat ons gaan gebruik om ‘n heerlike Kersmaal aan ons inwoners te voorsien.  Baie dankie aan die donateur (wat anoniem wil bly)  Baie dankie ook aan verskeie omgee-groepe, organisasies en donateurs wat geskenkies uitgedeel het vir ons inwoners en lekkernye geskenk het.   U het ‘n verskil gemaak in ‘n bejaarde se lewe en net weer bewys dat hulle kosbaar is. Aan elke boer wat ons weekliks met liefde ontvang en dit vir ons moontlik maak om elke dag 3 gesonde etes aan ons inwoners voor te sit, wil ons baie, baie dankie sê.



Hiermee wens elke inwoner, helper en bestuurslid van Yăde u en u gesin ‘n Geseende Kersfees toe. Mag u 'n jaar van tevredenheid beleef en 2014 u sag behandel.   Ons ken nie die toekoms nie, maar ons ken Hom wat die toekoms beheer en om ‘n vrou by ‘n robot se woorde te gebruik: “want Hy kyk baie mooi na ons”.   



En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.  Fillepense 4:7